Tag Archives: Eboek

Brigadier se lokvideo – ‘n kykie agter die skerms

Brigadier en die Raaiselponie het onlangs op die rakke verskyn.

Boekomslag

NB Uitgewers het opdrag gegee vir die maak van ‘n lokvideo vir die boek. Ons kyk bietjie na die maak van die lokvideo.

Die beplanning begin met ‘n story board.

Story board

Akteurs is nodig.

Carlo Geyer (Simon), en Lara van Tonder  (Zahn) by Marga.

Akteurs

En natuurlik perde.

Squidgey as Brigadier.

Brigadier

En Tinkerbel as die Raaiselponie.

Marga en raaiselponie

Bome ook. Dis nogals lastig as die bome nie is waar jy jou video maak nie, en jy moet dit agterna indokter.

Bome

Sommige van die akteurs het bietjie vinnig gegroei die laaste tyd. Buig daardie bene, broer, jy is te lank!

Buig jou bene

So ‘n ponie kan ‘n fotograaf laat bontstaan as hy nie heeltemal doen soos wat die draaiboek lees nie.  Naudé Fourie moet mooi mik vir die beste skoot van die Raaiselponie. Ten minste het Tinkerbel se bene nie onlangs langer geword nie.

Naude en ponie

Soms kry jy ‘n toevallige gelukkie. Hier gee Raaiselponie sommer vir ons die raaiseloog ook.

Raaiseloog

Wie sou kon raai dat ‘n ponie só kan bokspring.

Bokspring

Hier is Brigadier in aksie, maar bietjie meer bedees darem.

Brig in aksie

En na die aksie, bietjie rus. En nog beplan. Marga, Hardus en Raaiselponie.

Rus

Nadat die fotografie gedeelte klaar is, begin die grootste werk. Beplannings, besprekings, koppe bymekaarsit en nogmaals bespreek.

Beplanning

Sketse was nodig om die video te voltooi.

Brig skets

Woud skets

En uiteindelik, die eindproduk.

Die eindproduk van die lokvideo kan hier gekyk word