Publikasies

Publikasies
Mede-outeur van drie Xhosa kinderboeke saam met Lesley Krige, Lyn de la Motte, uitgegee deur Kagiso Uitgewers in 1996.
  • Ibhola kaThemba,
  • Bamba uBalekiThemba!, en
  • UThemba uneminyaka emihlanu,

Marga se eerste Afrikaanse publikasie was haar storie ‘Die Onskadelike Reënspinnekop’ in Baba & Kleuter  2000.

In 2009 word twee van Marga se verse opgeneem in die Nuwe Kinderverseboek, saamgestel deur Riana Scheeprs en Suzette Kotzé-Myburgh en uitgegee deur Tafelberg.
Nuwe Kinderverseboek
In 2010 verskyn haar geïllustreerde kinderboek, Wat is jy, Kartoffel, in hardeband, uitgegee deur LAPA.  In 2012 ontvang Kartoffel die Namibiese Kinderboekforum se toekenning vir die beste boek in die kategorie geillustreerde kinderboeke.
Kartoffel
In 2011 word haar gedig ‘Slegs Bekendes’ opgeneem in Toulopers, saamgestel deur Jaco Jacobs, en uitgegee deur LAPA Uitgewers.
Toulopers
In 2012 word haar gedig ‘Sonder Tande’ opgeneem in Skottel en Spenssaamgestel deur Peet du Toit, en uitgegee deur Duto Media.
Skottel en Spens
In 2013 word haar tiener perdeboek ‘Sonder Chocolate Charlie‘ uitgegee deur NB Uitgewers.
Sonder Chocolate Charlie
 Also in English under the title Goodbye Chocolate Charlie.
In 2013 word haar kortverhaal ‘Puzzle die Pinto’ vervat in Galop, saamgestel deur Fanie Viljoen, en uitgegee deur LAPA Uitgewers. 
Galop
In Mei 2014 sien ‘Brigadier en die Raaiselponie‘ die lig met publikasie deur NB Uitgewers.
 Briggs (verklein)
 Also in English under the title Brigadier and the Spririt Pony.
 Aan die einde van 2014 word ‘City Girl en die Swart Hings‘ deur NB Uitgewers gepubliseer.
Voorblad
In Mei 2015 word Gabriella en die Hertog van Harte deur NB Uitgewers gepubliseer.
Hertog van Harte
Vroeg in 2017 word Jenna en die Leesperd gepubliseer deur NB Uitgewers.