Maya se musketier

 

Maya trek haar sweetpakbaadjie se kappie op in haar nek en skud die koue rilling uit haar skouers. Cousteau die sneeuluiperd staar haar met grou oë aan. Op die kruis-grafsteen sit nog twee grys katte. Dit moet Jazzy en Jamie wees; hulle lyk soos wolfies.

Die graf in die tuin maak die villa ’n grillerige plek. Waarom moet dit reg oorkant haar kamervenster wees? Wat sou dit beteken as katte op iemand se graf sit?

Maya se ma het ’n verlangse tante se huis geërf. Die barones de Montbron was ’n vreemde karakter van wie almal in Bloemfontein geweet het. Maar saam met die huis erf Maya-hulle ook die barones se vier katte – bedorwe katkinders vir wie Maya se ma, volgens die testament, klavier moet speel en sorg met geld uit ’n trustfonds.

Sien die lokvideo hier: