Brigadier en die Raaiselponie het onlangs op die rakke verskyn.
NB Uitgewers het opdrag gegee vir die maak van ‘n lokvideo vir die boek. Ons kyk bietjie na die maak van die lokvideo.
Die beplanning begin met ‘n story board.
Akteurs is nodig.
Carlo Geyer (Simon), en Lara van Tonder (Zahn) by Marga.
En natuurlik perde.
Squidgey as Brigadier.
En Tinkerbel as die Raaiselponie.
Bome ook. Dis nogals lastig as die bome nie is waar jy jou video maak nie, en jy moet dit agterna indokter.
Sommige van die akteurs het bietjie vinnig gegroei die laaste tyd. Buig daardie bene, broer, jy is te lank!
So ‘n ponie kan ‘n fotograaf laat bontstaan as hy nie heeltemal doen soos wat die draaiboek lees nie. Naudé Fourie moet mooi mik vir die beste skoot van die Raaiselponie. Ten minste het Tinkerbel se bene nie onlangs langer geword nie.
Soms kry jy ‘n toevallige gelukkie. Hier gee Raaiselponie sommer vir ons die raaiseloog ook.
Wie sou kon raai dat ‘n ponie só kan bokspring.
Hier is Brigadier in aksie, maar bietjie meer bedees darem.
En na die aksie, bietjie rus. En nog beplan. Marga, Hardus en Raaiselponie.
Nadat die fotografie gedeelte klaar is, begin die grootste werk. Beplannings, besprekings, koppe bymekaarsit en nogmaals bespreek.
Sketse was nodig om die video te voltooi.
En uiteindelik, die eindproduk.
Die eindproduk van die lokvideo kan hier gekyk word.