Sonder Chocolate Charlie

Sonder Chocolate Charlie

Synopsis

Nell woon op die plaas Solitaire in die Sederberg saam met haar hele uitgebreide familie van perdemense wat ‘n top perdestoet bedryf.

Sy het ’n paar maande vantevore ’n aaklige ongeluk met haar perd, Chocolate Charlie, gehad en dié moes uitgesit word. Sy kan weens ’n harde val niks daarvan onthou nie, maar kry nagmerries en ervaar nou ’n vrees vir perde. Vir die Aprilskoolvakansie kom haar niggie Colette en twee vriendinne, Charni en Ateeya, plaas toe saam met hulle perde om te oefen vir ’n groot kompetisie. Colette se jonger broer, Hein, en Andrew, die seun van Solitaire se veearts, voltooi die jong groep.  Nell se oupa het pas ‘n palomino-ponie op ‘n veiling gekoop, en dié sorg vir ‘n hele intrige.

Ten slotte is die groep jong mense deel van ’n verfilming wat plaasvind in die aanliggende natuurreservaat; dis vir ’n TV-program oor navorsing oor Kaapse luiperds. Daar is ’n dramatiese luiperdaanval, en Nell kan uiteindelik die legkaartstukke pas van wat met Charlie se dood gebeur het.

Lokvideo

Daar is ‘n lokvideo gemaak vir Sonder Chocolate Charlie by stalle buite in Durbanville.  

Instruksies

Poppie,  die perd wat die rol van Charlie gespeel het, se bles het op die verkeerde plek gesit, en dit moes met grimeerkuns reggemaak word.   

Vir twee dae lank is daar hard gewerk aan die skiet van die tonele vir die lokfilm.

Kameraman belyn

Soms moes die kameraman maar bontstaan om homself te posisioneer waar Poppie nie altyd so mooi saamgespeel het nie.  Mia van Tonder van Durbanville Hoërskool het die rol van Nell vertolk.

Voorbereidings

 

Poppie is eintlik Lara se ouer sussie, Mia, se perd.  Mia het ook hand bygesit met die voorbereiding van Poppie van die tonele.

Tydens die maak van die lokfilm het Tina Burger van Tygerburger ‘n onderhoud met Marga op stel kom voer, en ook ‘n kort videogreep gemaak.  Sien Tygerburger se berig hier.     

Videogreep

[‘n Greep uit Tygerburger se video].

Die finale lokfilm kan op YouTube gesien word.

Ander onderhoude en resensies

Besoek aan RSG, Seepunt

Die onderhoud met Sue Pyler was by RSG se studio in Seepunt.

SABC Seepunt 

Mens se senuwees knaag maar so bietjie voor so ‘n onderhoud.

Wag

Bestellings

Vir verdere navrae, besigtig NB Uitgewers se webblad.