Op Zahn se spoor
In Brigadier en die Raaiselponie lees ons van Zahn en haar perd Brigadier wat in die Harkerville woud gaan kuier. Ons reis hier bietjie saam met Zahn en haar perd van Melkbosstrand af na Harkerville toe. [Bron: Map data ©2014 AfriGIS (Pty) Ltd, Google]
Die kaart wys hoe hulle gery het van Melkbosstrand af, waar die boyfriend op Buffeljags by hulle aangesluit het, en waar hulle uiteindelik in die Harkerville woud uitgekom het.
Ons besoek die bosbou hut.
Buite die hut is ‘n gedetailleerde kaart van die omgewing op ‘n kennisgewingbord aangebring.
Daar is ook kaarte van die verskillende fietsroetes wat gevolg kan word.
Daar is ook staproetes wat op verskillende maniere gemerk is.
Nie alle roetes is beskikbaar vir perderitte nie.
Die woud self het ‘n misterieuse atmosfeer.
Marga by die 800 jaar oue geelhoutboom van Woodville.
Pragtig, maar gewis nie ‘n omgewing waarin mens wil verdwaal nie!