Wat is jy, Kartoffel? is ’n geïllustreerde kinderstorie oor ’n jong strandwolfie wat ’n paar verskillende diere teëkom en moet verduidelik watter soort dier hy nou eintlik is.
Arme Kartoffel kan nie mooi onthou watter soort dier hy is nie. Hy is nie meer mooi seker of hy ‘n wollie, of ’n woffel, of dalk ’n waffel is nie. Gelukkig is die diere vriendelik. Tot ’n rooijakkals aan hom begin ruik….
Die illustrasies is gedoen deur Alzette Prins.
Bekroon deur NCBF
Wat is jy Kartoffel? is in 2012 deur die Namibian Children’s Book Forum bekroon as die beste geïllustreerde kinderboek.
Marga het die seremonie op 27 Oktober 2012 in Windhoek, Namibië bygewoon. Dit het saamgeval met die NCBF se kinderboekefees wat in die Franco-Namibiese Kultuursentrum gehou is.
Hierdie geleentheid is luisterryk geopen met die verteenwoordigers van verskeie van die ambassades wat as sprekers opgetree het. Uitgewers en skrywers het die geleentheid bygewoon.
Die prysuitdeling was in die Goethe sentrum gehou.
Hier ontvang Marga haar toekenning by mev Kuvambo Nujoma, voormalige premiersvrou van Namibië, wat ook die beskermvrou is van die NCBF. Regs is professor Andree-Jeanne Tötemeyer, voorsitter van die NCBF.
Meer besonderhede
Vir meer besonderhede, kontak Lapa Uitgewers.