Die Weskuswêreld van Nicole en die Swart Hings

Die storie speel af aan die Kaapse Weskus.

Voorblad

Die plek van die storie word nie geografies geidentïfiseer nie, maar die omgewing bestaan regtig.  Ons kyk na die tipiese uitsigte wat Nicole sou waargeneem het met haar besoek aan die Weskus.

Tipies Weskus.Stompneusbaai

Tietiesbaai

Tietiesbaai 1

 Pragtig groen in die winter. Stappie

Vissersbootjies, of bakkies soos dit genoem word. Tranquility

 ‘n Groter tjak-tjakkie. Jacobsbaai

 Soms is aanrolgras van’n ander aard nodig.Aanrolgras

Klein dorpies.Dorpie

Doringbaai

Die pad langs die Groenrivier in Namakwaland.Groenrivier

Groenrivier2

Die SpoegrivierSpoegrivier

By die Spoegriviergrotte.Spoegriviergrotte

Rotsformasie Namakwa

Skulpe.Skulpe2

Skulpe

 Die mis kan baie dig raak daar.Mis

Robbe in die mis. Robbe in die mis

 Namakwaland.Namakwaland plantjie

 Skape

Wolke

See

 Nicole het geleentheid gehad om op ‘n seiljag te ry. Die jag sou tipies soos hierdie een gelyk het.Seiljag

Die agterdek.Agterdek

Die ingang na die kajuit.Ingang

 En binne lyk dis só.Kajuit binne

Hulle het dolfyne gesien.Dolfyn

En as daar ‘n skaflike wind was sou hulle lekker kon seil.Goeie wind

heeling

Of ‘n rustige tydjie op die boot geniet.Op boeg

Toue op die dek.  Die skipper sou van lyne gepraat het. Sheet street

Kêrels, het iemand van julle dalk die anker gesien?Anker

 

 

Harkerville woud

Op Zahn se spoor

In Brigadier en die Raaiselponie lees ons van Zahn en haar perd Brigadier wat in die Harkerville woud gaan kuier.  Ons reis hier bietjie saam met Zahn en haar perd van Melkbosstrand af na Harkerville toe.Melkbos Harkerville roete [Bron: Map data ©2014 AfriGIS (Pty) Ltd, Google] 

Die kaart wys hoe hulle gery het van Melkbosstrand af, waar die boyfriend op Buffeljags by hulle aangesluit het, en waar hulle uiteindelik in die Harkerville woud uitgekom het.

Ons besoek die bosbou hut.

Bosbou hut

Buite die hut is ‘n gedetailleerde kaart van die omgewing op ‘n kennisgewingbord aangebring.

Bosboukaart

Daar is ook kaarte van die verskillende fietsroetes wat gevolg kan word.

Fietsroetes

Daar is ook staproetes wat op verskillende maniere gemerk is.

Perdekop roete

Perdekop bord

Nie alle roetes is beskikbaar vir perderitte nie.

Reëls

Die woud self het ‘n misterieuse atmosfeer.

Misterie

Boomtoppe

Oranje

Marga by die 800 jaar oue geelhoutboom van Woodville. 

Geelhoutboom

Pragtig, maar gewis nie ‘n omgewing waarin mens wil verdwaal nie!

Brigadier se lokvideo – ‘n kykie agter die skerms

Brigadier en die Raaiselponie het onlangs op die rakke verskyn.

Boekomslag

NB Uitgewers het opdrag gegee vir die maak van ‘n lokvideo vir die boek. Ons kyk bietjie na die maak van die lokvideo.

Die beplanning begin met ‘n story board.

Story board

Akteurs is nodig.

Carlo Geyer (Simon), en Lara van Tonder  (Zahn) by Marga.

Akteurs

En natuurlik perde.

Squidgey as Brigadier.

Brigadier

En Tinkerbel as die Raaiselponie.

Marga en raaiselponie

Bome ook. Dis nogals lastig as die bome nie is waar jy jou video maak nie, en jy moet dit agterna indokter.

Bome

Sommige van die akteurs het bietjie vinnig gegroei die laaste tyd. Buig daardie bene, broer, jy is te lank!

Buig jou bene

So ‘n ponie kan ‘n fotograaf laat bontstaan as hy nie heeltemal doen soos wat die draaiboek lees nie.  Naudé Fourie moet mooi mik vir die beste skoot van die Raaiselponie. Ten minste het Tinkerbel se bene nie onlangs langer geword nie.

Naude en ponie

Soms kry jy ‘n toevallige gelukkie. Hier gee Raaiselponie sommer vir ons die raaiseloog ook.

Raaiseloog

Wie sou kon raai dat ‘n ponie só kan bokspring.

Bokspring

Hier is Brigadier in aksie, maar bietjie meer bedees darem.

Brig in aksie

En na die aksie, bietjie rus. En nog beplan. Marga, Hardus en Raaiselponie.

Rus

Nadat die fotografie gedeelte klaar is, begin die grootste werk. Beplannings, besprekings, koppe bymekaarsit en nogmaals bespreek.

Beplanning

Sketse was nodig om die video te voltooi.

Brig skets

Woud skets

En uiteindelik, die eindproduk.

Die eindproduk van die lokvideo kan hier gekyk word

Die beleg van die leesuur-halfuur

  Sukses! Oorwinning, met slaggate.

Vier boeke en die uil.

Vrae of ons leesuur-halfuur suksesvol was, kan ek darem positief beantwoord.  Ja, dit was.  Suksesvol genoeg vir ons.

Daar is vier boeke in die afgelope ses weke gelees, ten spyte van die gewone graad ses-program;  karate, kitaar, blues-kitaar, boogskiet, rekenaarspeletjies en maats.  Daar is ook ‘n leesuitdaging tussen hom en van sy maats.  Hulle wil die Thomas-reeks deurlees vóór die Junie-vakansie.  Hulle het mekaar spontaan uitgedaag.

 image

Alhoewel prysenswaardig, is hierdie lesertjie, of dan nou die leesweerstandige boetie van ons, nie naby aan wat mens ‘n boekwurmpie kan noem nie.  Ten minste is daar wel nou ‘n leeswêreld in ons huis.

Motivering is vierkantig op ons as sy ouers se skouers.  Liefde vir lees gebeur nie spontaan by alle kinders nie, maar ons het ontdek as ons so saam lees, gebeur daar iets. Ons as die saamlesers moet ook ‘n boek met ‘n titel hê.  Dit pla hom as ons Sarie of Finweek sit en lees. Hy wil dan ook Nag lees.  Voorbeelde is toe werklik aansteeklik.

Dit is lekker as ons die onwillige boekwurmpie vra om vir ons sy beste sin of paragraaf hardop te lees.  Hy hou van die humor in stories, of die ongewone, en lees dit dan graag vir ons hardop voor.

In hierdie huis gaan die Leesuur-uil maar sy oë nog lank moet rek.

Tog is ons opgewonde en dankbaar vir die boeke wat ons gelees kon kry hierdie kwartaal.  Dit was lekker boeke, sê hy.  Sy gunsteling hierdie kwartaal was Teary Deary se The Fire Thief.

image

Mag ons nog gunstelinge ontdek, en mag die leesuitdaging om die Thomas- reeks klaar te lees voor Junie, lei tot liefde vir speurreekse.

 image

 

 

 

Woonstelbewoners en nuwe uitdagings

Ons het die jaar bereik waar twee van ons kinders die nes verlaat het. Hulle woon nou so 20 km verder in ‘n woonstel in Kaapstad.  Niemand is te getraumatiseerd nie. Kleinboet sê hy mis hulle, maar hy skuif flink van die rekenaar na die iPad na die Dstv sonder enige kompetisie.

Hier is niemand wat hom aansê dat sy beurt verby is nie, en dat, toe hulle so oud was soos hy, hulle boeke moes gelees het.  Sy nuwe Wimpy Kid lê op sy lessenaar en The Fire Thief onder dit;  nog nie eens oopgevou nie.

Ons raak ook mak in die nuwe stilte van die huis.  Ek lees so lekker, ek maak minder kos,  maar ek stuur baie WhatsApp boodskappe vir die woonstelbewooners.  Ek moet natuurlik ook kospakkies voorberei.

Geurnsy

Só kom ek eers weke later agter dat die rekenaarspeletjiemonster ons boekwurmpie  oorskadu,  en dat ons duidelik uitgedaag word om die boekwurmpie fiksheidklasse te moet gee.

Ons pak ou en nuwe gunsteling boeke op ons tafel uit.  Eintlik lê die tafel altyd vol boeke.  Maar nou kondig ons ‘n leesuur aan.

Klein biblioteek

Die uur is nou op die oomblik net ‘n halfuur lank en word afgemeet.

Tydhouer

Ons hou duim vas vir goeie resultate en dat die wurmpie sommer gou gou weer ‘n wurm sal wees.