Gabriella en die Hertog van Harte

Hertog van Harte

 

Gabi kan haar diepste geheime in Donnabelle se rooibruin perde-ore fluister.  Wanneer sy met Donnabelle praat, voel dit of haar ma nog hier op die plaas by haar is.  Maar die jare toe haar ma en die sportperd internasionale ruiterkunskompetisies gewen het, is nou vergete.

Donnabelle is twintig jaar oud en afgetree.  Dit is waarom Gabi so graag Donnabelle se twee vullens wil opspoor – om iets van haar ma op hulle stoetplaas lewend te hou.

Donnabelle was ‘n Oldenburger, ‘n skaars warmbloedige Europese perd.

Gabi wend ‘n groot poging aan om Donnabelle se nageslag op te spoor, omdat sy hoop dit sal haar bande met haar oorlede ma versterk.  Haar pa is pas weer getroud, en sy hoop dit sal ook bydra dat haar pa haar ma sal bly onthou.

Noodgedwonge moet Gabi en haar stiefma saamwerk om Duke, oftewel, die “Hertog van Harte” te gaan soek.  Die soektog lei haar na ‘n landbouskool indie Boland.

Duke is ’n humeurige perd en die enigste raad is om Robert, ‘n Gr 10-leerder met ‘n sonderlinge talent om met moeilike perde te werk, saam met Gabi-hulle terug Namibië toe te laat ry.

Maar kan ‘n Bolandse perdefluisteraar ‘n plaasmeisie van Namibië iets oor perde leer?